Ideas and Events

Our Oumie’s 80th Birthday

“A life well lived is the most exquisite work of art.” – Erwin McManus

Our much-loved great grandmother is 80 years old today!
2016
2019

“One must have compassion for one’s fellow man. (‘n Mens moet deernis hê vir jou medemens.)” – Oumie’s life advice

Our Oumie Chrissie is 80 years old today! And her birthday celebrations are just getting started!

I was looking through photos of us and Oumie to use for this post… And there were so many! Oumie is such a big part of our lives. She comes to every special event which she is able to and even dresses according to the theme (if there is a theme.) She makes us all feel very loved.

Oumie is not the most talkative person in the room but she listens well, is incredibly sharp and very witty! She has such a good sense of humour! When she is around there is bound to be laughter.

Oumie is genuine. She knows what she likes and doesn’t like but is also willing to try something new. She is always game for some fun. She’s been to a few beer festivals with us!

She is considerate of other people’s time and emotions. She has a very caring and kind heart.

Oumie takes her time when eating! Something I need to do more! I tend to gobble my food down in a few gulps.

Oumie was one of the first people I knew with an IPad! This granny is modern and high-tech! She really knows a thing or two about computers and mobile devices. When she doesn’t know, she is able to figure it out!

Oumie Chrissie is an awesome, fun and inspiring woman! I am so fortunate to have her in my life.

2020
Oumie is always ‘n “bok vir sports”
On Oumie and Oupie’s Wedding Day on the 8th of June 1963 in Pietermaritzburg. Bouquet is made from white roses and white tulips!

Happy 80th birthday, Oumie! You are truly a remarkable and amazing lady. Thank you for being part of our lives, for attending every event that you can, for your messages and cards, for your phone calls, prayers and love. May you have many more happy years ahead!

Tommy’s baby shower in PE in 2019
Captain Covid for Leo’s superhero party!🤣🤣🤣
Christmas reindeers!
Cheers to you, Oumie!
2018

I asked Oumie to answer some questions about her life and life in general…

  • Is there something special that stands out that you remember about your parents or/and your grandparents?

Ek onthou my ouers as opregt, eerlik en liefdevol, veral my ma. Soms wens ek dat ek net weer die gevoel kan herleef toe my ma my as kleuter vasgehou het. Sy was n sagte dog statige en baie trotse vrou. Albei my ouers het arm grootgeword, maar eerlik, opreg en godsdienstig. My ma se pa is oorlede toe sy nog baie jonk was, en my ouma was n vroedvrou (midwife) – het selfs vir my en my ouboet “gevang!” Sy was soms op die onmoontlikste tye uitgeroep om die dokter by te staan met bevallings en ek glo sy het baie interessante stories gehad om te vertel, maar ons as kinders mag mos niks geweet het van die grootmensdinge nie. Vervlaks, dink net hoe slim sou ons TOE al gewees het!? My pa het op die Suid-Afrikaanse Spoorwee begin werk as rytuig-wasser en het homself opgewerk tot Eerstegraad Stasiemeester oor verloop van baie eksamense en jare se harde, lojale werk en toewyding. Ek, en ons gesin, was baie trots op hom. Hy moes vir baie jare twaalfuur skofte werk – dag – en nagdiens. My ma was soms baie eensaam, want die plekke waar ons gebly het, was meestal ver van ‘n dorp of stad af en die bure was nie altyd n geroude paar nie. Ek en my ouboet het ook nie juis maats gehad op die plekke nie, omdat daar nie eintlik ander kinders was nie, en AS daar kinders was, was hulle meestal seuns. Ek was agt-en-n-half jaar oud toe my kleinboet gebore is. My oupa het in die goudmyne op die Rand gewerk en het myntering opgedoen in daardie tyd, maar is dood as gevolg van n hartaanval. My ouma was op n stadium wasvrou vir mense nadat sy en my oupa uitmekaar is. Harde werk, daar ook! Ek het tydens my laaste drie skooljare by haar gebly in Pietermaritzburg.

  • How did you get to school?

Ek het skool begin in Umbogintwini (Natalse suidkus) en ek was die enigste Afrikaans sprekende skolier tussen klas een en standerd een (vandag graad 1 en graad 3). Soms maar bietjie ‘afgetjop’ tussen die Engelse, maar dit oorleef en ek is lief vir daardie taal ook. Ons moes deur n bos loop skool toe, en dit het vir my gevoel asof dit MYLE was wat ons moes loop. Gedurende my skoolloopbaan het ek geloop, trein gery, bus gery en in koshuise gebly. My ouers het vir my n tweedehandse fiets gekoop vir R10 – daardie tyd 5 pond omdat ons nog Britse geld gebruik het. Dit was toe ek in standerd 8 was en by my Ouma gebly het. Dit was ook lekker lang pad gewees skool toe! Veral in die winteroggende en somermiddae!

  • How old were you when TV came out?

Televisie het in Suid-Afrika uitgekom toe ek 34 jaar oud was, en ons het eers n jaar later een kon aanskaf vir ons as gesin.

  • Do you think the moon landing was real?

Die storie van die maanlanding ploeg nog met my kop! Dit het baie indrukwekkend gelyk toe ons fotos daarvan kon sien en op TV kyk hie die ouens daar rondhop. Kan nog nie besluit of dit werklik so was nie en of die slim mense n ‘kul jou hier, kul jou daar’ – taktiek gebruik het nie.

  • What was your first job?

My eerste en enigste werk was Teleksoperateur in die Umbilo (Natal) poskantoor. Dit was soms baie interessant, omdat ek baie keer die eerste persoon was wat nuus gesien het van troues, begrafnisse, egskeidings en noemenswaardige nuus van ‘belangrike’ persone in daardie omgewing, asook nuus van nasionale belang.

  • What age was your favourite age to be?

My gunsteling ouderdom, dink ek, was… Ek weet nie! Daar is so baie gelukkige tye in my lewe, heelwat hartseer en teleursteltye, maar dit was vrek lekker op 19 om verlief te wees…!

  • What is your favourite food to eat?

SLAP CHIPS is my gunsteling, gunsteling kos en ek kan dit elke dag eet. Ek hou ook van ‘boere’ groente.

  • What life advice would you give to younger people?

‘n Mens moet deernis he vir jou medemens, wees betroubaar, bedagsaam en opreg in jou verhouding met ander.

Wedding Day
First ID photo for ID document in 1961. (Oumie is 19 years old here.)
Oumie 2 years old!
1953/1954 School Uniform – Voortrekker Laerskool in Pietermaritzburg
Oumie in the middle
Oumie and Oupie with their 3 kids in 1968
1962 On way to work
Oumie, age 4, with her older brother and parents
Matric 1960
Oumie and Oupie in 1961 at his parents house. (The weekend Oumie met Oupie’s parents.)
1950 Standard 1 (Grade 3)
1962
2006
2002
At work, Witbank Nuus, 1980. (Oumie on right)
Learner’s Drivers License, R1
In 2016, we went to watch the Sound of Music Musical
In the hospital when Natey was born
Clarens, 2017
Taken at Oumie and Oupie’s 50th Wedding Anniversary Photoshoot.
At Natey’s first birthday party, Teddy Bears’ Picnic
What a legendary woman you are! An inspiration to us all!

Oumie, may this next decade be filled with many happy, healthy and exciting moments! Love you lots!

One Comment

  • Div

    Baie geluk my oudste en jongste swessie. Ons weet wat die woord beteken. Behalwe vir die laerskool gedeelte het ek baie dinge saam met jou beleef. Geniet jou dag. Jou Boetietjie!